Pienk driehoek

Die pienk driehoek is nou ’n simbool van gay trots en regte nadat die omgekeerde weergawe daarvan in die Nazi-konsentrasiekampe gebruik is om homoseksuele mans uit te wys.[1]

Die pienk driehoek (Engels: pink triangle; Duits: Rosa Winkel)[2] was tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n kenteken om manlike gevangenes uit te ken wat na Nazi-konsentrasiekampe gestuur is omdat hulle homoseksueel was.[3][4] Elke gevangene moes ’n driehoek wat na onder wys op hul klere dra, en die kleur van die driehoek het hulle in "soorte" ingedeel. Ander kleure was vir Jode (die geel ster, wat twee geel driehoeke opmekaar was), politieke gevangenes, Jehovasgetuies, "antisosiale" gevangenes en ander wat deur die Nazi's as onwenslik beskou is. Geel en pienk driehoeke kon gekombineer word as ’n gevangene beskou is as Joods én gay.

Die pienk driehoek, wat aanvanklik as ’n kenteken van vernedering beskou is, word nou met die punt na bo gebruik as internasionale simbool van gay trots en regte. Dit is naas die reënboogvlag die gewildste gay kenteken.[5]

  1. Plant, The Pink Triangle
  2. "English-German Dictionary". dict.cc (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2018. Besoek op 16 November 2013.
  3. Plant, The Pink Triangle.
  4. Plant, Richard (1988). The pink triangle: the Nazi war against homosexuals (hersien uitg.). H. Holt. p. 175. ISBN 978-0-8050-0600-1.{{cite book}}: CS1 maint: postscript (link)
  5. "San Francisco Neighborhoods: The Castro" KQED documentary.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search